Food Lover’s Market maak reuse skenking aan die Wollies Diereskuiling in Pretoria


Luister nou

Volgende

Food Lover’s Market maak reuse skenking aan die Wollies Diereskuiling in Pretoria

12 Julie 2024

Die Food Lover’s Market in die Gateway Centre in Centurion het vandag sy deure vir Pretoria FM oopgemaak.

Food Lover’s Market het onlangs ‘n nuwe veldtog – It’s in the Experience bekend gestel. Dit gee aan klante die geleentheid om weer die nostalgie van inkopies te beleef, in ‘n wêreld waar sóveel mense van aanlyn platforms gebruik maak om die maand se kruideniersware aan te koop.

Omroeper, Anton Meijer en sosiale media-nuusredakteur, Mari Oosthuizen het onder meer die groente en vrugte-afdeling, die bakery en slaghuis ingevaar om self dié koop-ervaring te beleef.

As deel van die ervaring het Food Lover’s Market ‘n geskenkbewyse ter waarde van R10 000 aan Pretoria FM se gekose liefdadigheid geskenk. Pretoria FM het besluit om dié skenking aan die Wollies Diereskuiling in Pretoria Noord te maak.

Anton Meijer kon die geleentheid kry om regstreeks, op die lug, die eienaar van Wollies, Cilla Trexler in te lig oor dié skenking. Volgens Food Lover’s Market is dié skenking ‘n teken van die winkelgroep se familiewaardes en ondersteuning aan verskeie gemeenskappe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Food Lover’s Market maak reuse skenking aan die Wollies Diereskuiling in Pretoria


Luister nou

Volgende