28 November 2022
Eerste Nasionale Bank sê sy klante het nagenoeg R3-miljard rand tydens die afgelope Swart Vrydag aan inkopies bestee.
Volgens die bankgroep is dit ‘n nuwe rekordbedrag en het die oorgrote meerderheid mense steeds verkies om eerder geld by winkels uit te gee as om aanlyn aankope te doen.
Meer as R2,4-miljard is in winkels uitgegee terwyl R670-miljoen aanlyn uitgegee is.
Die bankgroep sê soos verwag is het mense veral geld uitgegee op reise en vervoer, kruideniersware, klerasie en vermaak.
Naas Capitec Bank het Eerste Nasionale Bank die meeste elektroniese oorbetalings-transaksies verwerk.