23 Augustus 2023
Die woordvoerder van die fluitjieblaser-organisasie, Whistleblower House, Cynthia Stimpel, meen totdat die baasbrein van die moord op Babita Deokaran gevind is, sal geregtigheid vir haar moord nie geskied nie.
Dit volg nadat ses mans gister in die Hooggeregshof in Johannesburg vir haar moord gevonnis is. Hulle het skuldig op die aanklagte teen hulle gepleit.
Stimpel sê hulle moes ook swaarder vonnisse gekry het.
Deokaran is twee jaar gelede in ‘n sluipmoordaanval voor haar huis in Johannesburg doodgeskiet het, nadat sy miljoene rand se wanbetalings by die Tembisa-hospitaal aangemeld het.
