15 Februarie 2023
Die waarnemende finansiële hoof van SA Toerisme, Johan van der Walt het opdrag gekry om redes te verskaf waarom hy nié geskors moet word nie.
Van der Walt word verbind met ’n agentskap wat betrokke is by die planne vir ’n borgskap vir die Engelse Premierliga-sokkerklub Tottenham Hotspur, wat die laaste tyd opslae maak.
Die voorsitter van SA Toerisme se raad, Thozamile Botha, sê die raad was nie bewus van die belangebotsing waarby Van der Walt glo betrokke was nie.
SA Toerisme het ’n ooreenkoms van drie jaar ter waarde van bykans R1-miljard rand met Tottenham Hotspur voorgestel.
Een van die maatskappye waarby van der Walt gekoppel word, sou glo sowat R31-miljoen ontvang sodra die ooreenkoms beklink is.