22 Junie 2022
President Cyril Ramaphosa sal na verwagting om 16:00 vanmiddag die vyfde, en finale deel van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se verslag ontvang.
Hy moes reeds verlede week die verslag ontvang, maar weens foute is die oorhandiging uitgestel.
Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya sê kort nadat die voorsitter van die kommissie, regter Raymond Zondo dit oorhandig sal dit gepubliseer word.
Dié finale deel van die verslag handel glo oor beweerde staatskaping by die Suid-Afrikaanse uitsaaikorporasie.
https://twitter.com/PresidencyZA/status/1539509613074206721