Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula het president Cyril Ramaphosa se vergadering met die Amerikaanse president, Donald Trump as suksesvol beskryf.
Hy het aan die media gesê dat Ramaphosa geloof moet word vir sy leierskap en die wyse waarop hy die situasie diplomaties hanteer het ondanks die feit dat die gesprek vurig was.
Mbalula meen Ramaphosa moet bedank word vir die manier waarop hy Suid-Afrika verdedig het, terwyl Trump – volgens Mbalula – probeer het om die land te laat sleg lyk, en die media te probeer oortuig dat daar ‘n wit volksmoord in Suid-Afrika heers.
Volgens Mbalula was die gesprek ‘n draaipunt in die regering se poging om die diplomatieke verhouding tussen die twee lande te herstel.
Hy meen Trump verstaan nie die verskil tussen sogenaamde gewone misdaad en volksmoord nie.
Mbalula het die sakeman, Johann Rupert, bedank vir die manier waarop hy Ramaphosa ondersteun het en die land verdedig het. Die sekretaris-generaal het benadruk dat Ramaphosa nie na Amerika is om die ANC te verdedig nie, maar Suid-Afrika en al sy burgers.
[WATCH] All of us would have seen yesterday’s claims made by Afriforum and amplified by them, but also President Trump told us that there are people who are close to him, and are busy bad mouthing us, but yet Rupert attested to the fact that there is crime and it affects all… pic.twitter.com/hmH4zTMk0N
— ANC SECRETARY GENERAL | Fikile Mbalula (@MbalulaFikile) May 22, 2025
ANC WELCOMES PRESIDENT RAMAPHOSA’S STRATEGIC ENGAGEMENT WITH U.S. PRESIDENT DONALD TRUMP#RSAinUSA pic.twitter.com/admTXXxEZU
— ANC – African National Congress (@MYANC) May 22, 2025
2 Responses
Fikile Mbalula voel uitgesluit, shame, kon nie saamry nie. Enige iets om te probeer relevant wees. Die ou gesegte bly maar waar, al dra jy n goue ring.
Hy laat my dink hy was of is n laarskool onderwyserres.