24 Julie 2024
Die hoof van die Amerikaanse federale speurdiens (FBI), Christopher Wray verskyn vandag voor die kongres oor die sluipmoordpoging op oudpresident Donald Trump.
Dít terwyl dit egter wil voorkom of Wray die kritiek van die Republikeine sowel as die Demokrate sal vryspring, wat gister tot die hoof van die geheimediens, Kimberley Cheatle, se bedanking gelei het.
Cheatle het gister bedank te midde van eise daarvoor van albei partye in die kongres weens die geheimediens se mislukking om die sluipmoordpoging te voorkom.
Wray sal vrae oor die FBI se ondersoek beantwoord, rakende die vermeende skieter, Thomas Crooks, wat verantwoordelik vir Trump se gewonde oor is.
Die motief vir die aanval is egter steeds onduidelik.
’n Man is dood en nog twee mense gewond in die skietvoorval by Trump se saamtrek in Butler, Pennsilvanië, voordat Crooks doodgeskiet is.