9 Maart 2022
Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer sê indien die kragvoorsiener nié sy noodreserwes verantwoordelik bestuur nie, bestaan die risiko dat fase 7-beurtkrag dalk ingestel moet word.
Eskom het vanoggend weer die media toegespreek, na hy aangekondig het dat fase 4-beurtkrag tot 05:00 Vrydagoggend ingestel sal word. Dit sal beteken dat daar tot meer as 9 ure per dag beurtkrag sal wees.
Oberholzer sê hulle gebruik die afgelope paar dae sowat 9-miljoen liter per dag, teen meer as R175-miljoen.
Eskom sê selfs al het hy ‘n blanko tjek om diesel aan te koop, sal die dieselkragopwekkers steeds nie genoeg krag opwek om beurtkrag heeltemal te vermy nie.