Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

Fase 6 is met ons: Dit lyk of dit ons winter gaan wees

Nuuskommentaar: 26 April 2023

Deur: Dr Dirk Hermann

Fase 6 is met ons. Dit lyk of dit ons winter gaan wees. Fase 6 is egter bloot die som van die regering se ideologie en regeeronvermoë.

Indien ‘n ideologie van ras en sentralisme gemeng word met gulsigheid, korrupsie, aanspraak, onvermoë en arrogansie dan is die som fase 6.

In kort, ons is in die donker as gevolg van die nutteloosheid van die regering.

Ten spyte van voor die hand liggende antwoorde wat aan die regering bekend is, maak die toksiese mengsel, soos bo genoem, dat daar min dringendheid en politieke wil aan die uitvoerende kant van die staat is.

Die werklikheid is dat minister Mantashe kan môre gazette dat ons noodopwekking nodig het van 6000MW en dat dit binne ‘n jaar aanlyn moet wees. Alles kan dan in werking gestel word om dit te doen. Hy kon dit al die afgelope dekade lank doen en het bloot nie, want hy wil nie.

Die privaatsektor, ten spyte van die regering se halsstarrigheid, het op ‘n reuse manier begin belê in opwekking. Nersa het in die ganse 2022 1600MW se privaatopwekking geregistreer.

Daar is net in Februarie 2023 1300MW se private opwekking geregistreer wat die totaal vir die jaar al op 2300MW los. Dit is groot privaat kommersiële opwekkers wat of reeds gereed is, of in die proses is om op te wek.

Wat hierby uitgesluit is, is sowat 4000MW wat reeds op dakke van Suid-Afrikaners is.

Dit beteken dus dat daar bykans 6000MW se opwekkingsvermoë reeds in die hande van die privaatsektor luier. Dis 6 fases beurtkrag se kragvermoë wat nie op die netwerk is nie.

Die privaat- en gemeenskapsektor is dus besig om die opwekkingskrisis op te los. Nou moet die regering net seker maak dat hierdie oplossings aan die netwerk kan koppel en elektrone kan versend met ‘n behoorlike tariefstruktuur.

As koppeling tegnies en kommersieël moontlik gemaak word, gaan hier nog ‘n groter privaatoplossing ontplof.

Dit privaatsektor bou dus op groot skaal kragstasies.

Die gebeure in Franfort is ‘n voorbeeld van presies wat nie moet gebeur. Die privaatsektor moet aangemoedig word om antwoorde vir gemeenskappe te kry en nie gestop word nie.

Die momentum uit die privaatsektor en die woede van die gemeenskap word net so groot dat die regering se struikelblokke net eenvoudig uit die weg geruim gaan word.

Die regering frustreer antwoorde, maar hulle gaan dit nie stop nie.

Die regering se werk moet wees om seker te maak dat privaat opwekkers maklik en vinnig aan die netwerk kan koppel en krag kan verkoop en versend.

Die oplossing is duidelik en onstuitbaar, die regering is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende