28 Junie 2022
Eskom waarksu dat hy moontlik fase 6 beurtkrag van vanmiddag af moet instel.
Dit volg na 10 kragopwekkinseenhede oornag onklaar geraak het.
Eskom se uitvoerende hoof Andre de Ruyter het vanoggend ’n nood mediakonferensie gehou oor die stand van sake rakende die kragsituasie.
De Ruyter sê hulle hoop om teen vanmiddag 3,400 Megawatt se opwekkingsvermoee weer op die kragnetwerk te kry, en sodoende fase 6 beurtkrag af te weer.
Die kragverskaffer is tans in gesprek met vakbonde om die onwettige staking by van sy kragstasies te beeindig.
Instandhouding by die kragstasies word tans nie gedoen nie, en in sommige gevalle moet bestuurslede van kragstasies die beheerkamers beman.