20 Mei 2022
Eskom het bevestig dat hy steeds beplan om fase-2 beurtkrag vanaand – en ook elke aand oor die naweek – in te stel.
Dit is lynreg met die kragvoorsiener se aankondiging die afgelope naweek waarin hy beurtkrag vir die hele week voorsien het.
Net soos vandag sal Saterdag en Sondag se beurtkrag ook tydens spitstyd van 17:00 smiddae tot 22:00 saans ingestel word.
Die nutsmaatskappy sê daar is tans net minder as 3500 megawatt opwekkingsvermoë nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding, terwyl onvoorsiene probleme daartoe gelei het dat meer as 15 500 megawatt opwekkingsvermoë verlore gegaan het