12 Oktober 2022
Beurtkrag sal na verwagting Vrydag tot fase 1 afgeskaal word.
Eskom sê weens die tekort aan opwekkingsvermoë by sy kragstasies sal fase 2-beurtkrag egter steeds vanmiddag en môre van 16:00 tot middernag ingestel word.
Die kragvoorsiener sê hy probeer sover moontlik om beurtkrag tot die aand te beperk om die uitwerking op die ekonomie te verlig.
Sedert gister is ’n opwekkingseenheid by elk van die Camden-, Kriel-, Kusile-, Matla- en Medupi-kragstasies weer in bedryf gestel, terwyl daar twee by die Majuba- en een by die Tutuka-kragstasie meegegee het.
Die land sal Vrydagmiddag hoor of beurtkrag vir die naweek nodig sal wees.
Fotokrediet: David Harrison