16 Februarie 2024
Die Sefako Makgatho Gesondheidswetenskappe-Universiteit in Pretoria het bevestig dat 31 van sy farmaseutiese studente in verskeie hospitale in die stad opgeneem is nadat hulle sigprobleme ontwikkel het na ‘n praktiese sessie gistermiddag.
Die universiteit sê die laboratorium is onmiddellik gesluit nadat die derdejaar-studente newe-effekte begin toon het.
‘n Ondersoek na wat moontlik verkeerd kon gaan is begin.
Volgens die universiteit is dit moeilik om in hierdie stadium te kan sê wanneer die klasse hervat sal word.