Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

FAK win reeds 600 handtekeninge in oor Voortrekkergrafte in Pietermaritzburg

8 November 2022

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, oftewel die FAK het reeds 600 handtekeninge ingewin ter ondersteuning van sy versoekskrif teen die moontlike verwydering van Voortrekker- en ander erfenisgrafte in Pietermaritzburg.

Foto: FAK

Die FAK sê die Msunduzi Munisipaliteit het reeds verlede maand planne bekend gemaak om die historiese Chief Albert Lethuli Erfenis-begraafplaas te “herwin” met die oog op toekomstige ontwikkeling van die terrein.

Mandla Zuma, ’n senior bestuurder van gemeenskapsdienste, het aangedui dat hulle reeds met n konsultasie proses begin het om die grafte op te grawe en die monumente af te breek. Die rede is dat hierdie begraafplaas sentraal geleë en op prima grond is.

Die gedenkbegraafplaas het grafte van so oud as 180 jaar.

Dit huisves ook grafte van onder meer Voortrekkers, veterane van die Tweede Wêreldoorlog, voormalige burgemeesters en skoolhoofde van die bekende skool Maritzburg College.

Die uitvoerende hoof van die FAK, dr. Danie Langner sê die oudste graf is die van die Voortrekker Hendrik (Hendrick) van den Berg. Sy seun, Pieter Adriaan, is saam met Pieter Retief vermoor.

“Die Pietermaritzburg-begraafplaas bevat drie groot monumente en talle gedenkplate. Die grootste monument is die Konsentrasiekampmonument vir die ongeveer 200 vroue en kinders wat in die Pietermaritzburg konsentrasiekamp gesterf het.”

Foto’s: FAK.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

319513481_900220214320987_5607893274331118530_n

SAPU veroordeel polisiekomitee voorsitter se uitlatings oor BBP-lede

Julius-Malema6

Britse hoë kommissaris in SA sê jammer vir EFF oor visum

Charlotte

Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal beleef glo voedseltekort

LISENSIE-2

SA se enigste rybewys-drukker dalk binnekort herstel

GqNVwjBWcAANx_z

“Ons sal transformasie in hul kele afdwing,” sê minister

Ander Nuus Artikels

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Nuuskommentaar: Afrikaans se toekoms op SABC TV
pretoria
“Pretoria die land se veiligste stad, ‘n bewyse van ActionSA se vordering”
NDLOVU
Liggame van vermiste joernalis en sy vriendin gevind
319513481_900220214320987_5607893274331118530_n
SAPU veroordeel polisiekomitee voorsitter se uitlatings oor BBP-lede
Julius-Malema6
Britse hoë kommissaris in SA sê jammer vir EFF oor visum

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende