Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Europa en VSA volg verskillende benaderings tydens vierde vlaag van Covid-19

Nuuskommentaar: 24 November 2021

Deur: Jaco Kleynhans

Regdeur Europa is regerings weer besig om nuwe inperkingsmaatreëls in te stel in ‘n poging om die verspreiding van Covid-19 te beperk. Byna twee derdes van alle nuwe gevalle van Covid-19 wat verlede week in die wêreld aangemeld is, was in Europa en met koue weer wat begin intree het, is regerings bekommerd dat die virus weer tot meer hospitalisasies en sterftes kan lei.

Tot dusver is byna tweederdes van alle volwassenes in Europa teen Covid-19 ingeënt. In sommige lande soos Portugal, Ierland, Denemarke, Noorweë en België is meer as 85% van alle volwassenes volledig ingeënt.

Ten spyte hiervan het talle lande streng nuwe inperkingsmaatreëls ingestel. In Oostenryk is ‘n harde staat van inperking vir minstens tien dae ingestel terwyl strenger reëls in onder andere Duitsland, Nederland, België, Swede, Denemarke en Italië ingestel is.

Intussen het groot betogings en selfs geweld in verskeie Europese lande uitgebreek. In Wene, Oostenryk het tienduisende mense aan ‘n betoging teen dié land se drakoniese nuwe maatreëls deelgeneem. Oostenryk het verlede week een van die eerste lande in die wêreld geword wat sy burgers almal gaan verplig om teen Covid-19 ingeënt te word.

In Brussel in België het soveel as 50 000 mense aan ‘n betoging teen nuwe inperkingsmaatreëls deelgeneem. In verskeie Italiaanse stede was daar ook die afgelope naweek betogings. In Kopenhagen in Denemarke het duisende mense ook teen nuwe inperkingsmaatreëls betoog. Van die ergste geweld in jare het in Rotterdam en Den Haag in Nederland uitgebreek met betogers wat ongelukkig is met die nuutste inperkingsmaatreëls.

In die meeste Europese lande was daar die afgelope 22 maande algemene burgerlike samewerking met regerings in die stryd teen Covid-19. Daar is egter ‘n groeiende sentiment onder gewone burgers dat met die huidige hoë vlakke van inentings wat reeds gedoen is en die algemene beskikbaarheid van entstowwe lande met Covid-19 moet begin saamleef in plaas daarvan om met elke volgende vlaag van die virus weer nuwe inperkingsmaatreëls in te stel.

Terwyl die huidige vierde vlaag van Covid-19 in Europa meebring dat honderde duisende mense daagliks positief toets, is dit veral jonger mense en selfs kinders wat vir die skerp toename in gevalle verantwoordelik is. Die getal sterftes in Europa weens Covid-19 het die afgelope twee weke met slegs 5% gestyg.

In die VSA begin meer deelstate presies die teenoorgestelde benadering as in Europa te volg. Terwyl talle Europese lande die laaste 10% tot 30% van burgers wat nog nie ingeënt is nie, wil boelie om ingeënt te word, weier regerings in baie Amerikaanse deelstate om dit te doen. In twaalf deelstate is wetgewing aanvaar wat verpligte inentings teen Covid-19 onwettig maak. Goewerneurs in die meeste deelstate weier ook om nuwe inperkingsmaatreëls in te stel, al het die getal Covid-19 getalle in die VSA verlede week met meer as 30% gestyg.

Covid-19 is ‘n siekte wat waarskynlik nog ‘n geruime tyd met ons gaan wees. Die huidige Europese benadering van voortdurende inperkingsmaatreëls hou die risiko van burgerlike opstand en ekonomiese skade in. Die benadering in die VSA waarvolgens daar met die virus saamgeleef kan word, maak tans meer sin. Suid-Afrika sal ook tydens ‘n volgende vlaag van Covid-19 wys moet optree, veral omdat die ekonomie nie nog skade kan bekostig nie.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende