3 November 2022
Dit gewilde ruimte wese uit die tagtigerjare – E.T. is weer opsoek na ‘n huis, maar die keer in n luuksewoonbuurt, want jy gaan moet opdok as jy graag wil hê dat hy in jou huis moet kom bly.
Die oorspronklike model uit Stephen Spielberg se klassieke rolprent, E.T. the extra teresterrial is opsoek na ‘n nuwe huis en kan na verwagting meer as $3-miljoen of sowat R55-miljoen haal.
Die veiling word na verwagting volgende maand gehou, 40 jaar ná die fliek in 1982 uitgereik is. Volgens die People tydskrif word die model as ‘n tegnologiese meesterstuk beskou, en kan meer as 85 bewegings maak.
Die rolprent is in 1983 vir in nege kategorieë by die Academy Awards benoem, waarvan hy vier gewen het.