Eskom wil glo van nóg 500 wit onderhoudspersoneellede ontslae raak 


Luister nou

Volgende

Eskom wil glo van nóg 500 wit onderhoudspersoneellede ontslae raak 

26 Januarie 2023

Eskom beplan glo om teen 2025 van 500 wit mans in hul werksmag ontslae te raak.

Luidens ‘n verklaring van Solidariteit is dié werknemers, wat hoofsaaklik vir onderhoudswerk verantwoordelik is, se aflegging in Eskom se nuwe diensbillikheidsplan vir 2023 tot 2025 uiteengesit. 

LEES OOK: SOLDATE BY ESKOM KOS MEER AS R200-MILJOEN

Solidariteit het in ‘n regsbrief aan Eskom versoek dat ‘n moratorium op rasgebaseerde aanstellings by Eskom ingestel word om te help om die kragkrisis te bekamp.

Solidariteit is van mening dat Eskom bekwame ambagslui in Suid-Afrika moet werf op grond van hul vermoë om die kragkrisis te help oplos, en nié die kleur van hul vel nie. Die vakbond is ook van mening dat hy die reg voorbehou om hof toe te gaan indien Eskom met die toepassing van sy rasseteikens voortgaan.

LEES OOK: MISDADIGE AKTIWITEITE HEERS STEEDS BY ESKOM, SÊ DE RUYTER AAN STAANDE KOMITEE

“Ons sien nie in die plan dat Eskom planne maak om sy vaardigheidsuitdagings te hanteer nie. In dié plan gaan dit net oor velkleur op die verskillende posvlakke,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. 

Solidariteit is ook besig om voor te berei vir ʼn hofsaak om Eskom van vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging vrygestel te kry.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Eskom wil glo van nóg 500 wit onderhoudspersoneellede ontslae raak 


Luister nou

Volgende