14 September 2021
Die nege Eskom personeellede wat gisteraand gyselaar geneem is deur gemeenskapslede van Morula View in Mabopane in die noorde van Pretoria, is weer vrygelaat.
Die gemeenskapslede eis dat ‘n substasie in hul buurt vervang moet word, en het toe die Eskom personeel gyselaar geneem.
Nie een van die personeellede is beseer nie, en is vrygelaat na wetstoepassingsagentskappe tussen beide getree het.
Eskom se woordvoerder, Amanda Qithi sê die kragvoorsiener doen sy bes om die beskadigde substasies so vinnig as moontlik te vervang.
Bheki Cele's people are firing rubber bullets at us because we want @Eskom_SA to put in clause that states that, should the be a fault with the sub contractors work eskom will be held accountable. Eskom does not want to and now they are using force. https://t.co/BAhHfdIpiF pic.twitter.com/7L7WK2GDEX
— Mnr NiceTime (@Tkay_Baloyi) September 14, 2021
Stem vir die Aitsa’s