9 Mei 2022
Eskom sê hul verwag dat die kragnetwerk onder druk sal verkeer gedurende piektye en het weer ‘n beroep op mense gedoen om krag spaarsaam te gebruik.
Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha sê sou van die kragvoorsiener se opwekkingseenhede onklaer raak kan dit beteken dat beurtkrag weer op kort kennisgewing ingestel moet word.
Hy sê die risiko vir beurtkrag is veral hoog in die aande omdat die kragnetwerk die vraag na elektrisiteit in die dae kan hanteer. DIE vraag neem egter toe in die aande, wanneer meer mense by hulle huis is.
Mantshantsha sê hulle verwag dat nog opwekkingseenhede binnekort op die kragnetwerk gevoeg kan word, maar sou dit nie gebeur nie kan beurtkrag ingestel word.