20 Junie 2022
Eskom het vanoggend in ‘n verklaring gewaarsku dat beurtkrag vandag op kort kennisgewing ingestel kan word.
Luidens die verklaring is opwekkingskapasiteit beperk vir vanaand en vir die volgende paar weke. Beurtkrag is die laaste keer drie weke gelede ingestel.
Sou beurtkrag ingestel word, sal dit waarskynlik tussen 17:00 en 22:00 saans geld.
Die kragvoorsiener sê hulle sal hul bes probeer om beurtkrag tot die aand te beperk.