25 April 2022
Eskom het ‘n dringende beroep op mense gedoen om hulle kragverbruik te verminder omdat die kragnetwerk glo onder druk verkeer.
Eskom se woordvoerder, Sikonati Mantshantsha sê dit is weens die feit dat daar nié genoeg kragopwekkingseenhede die afgelope naweek op die kragnetwerk gevoeg kon word nie.
Verskeie opwekkingseenhede het die naweek uitgeskop en ander se herstelwerk is vertraag.
Eskom het beoog om beurtkrag hierdie week te vermy ná verlede week se fase-4-beurtkrag. Die moontlikheid was egter van herstelwerk afhanklik.