Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Eskom waarsku dat boodskap oor ineenstorting fopnuus is

22 November 2022

Eskom sê ‘n stemboodskap wat tans wyd op WhatsApp versprei word, is nié waar nie en saai slegs paniek.

In die boodskap beweer die persoon dat hy ‘n voorsitter van Old Mutual is en dat Suid-Afrikaners hulself moet staal vir ‘n totale ineenstorting van die kragnetwerk op 9 Desember. Die kragvoorsiener sê hy was reeds in gesprek met Old Mutual en meen daar is geen waarheid aan die boodskap nie.

Die persoon, wat nie sy naam wil noem nie, sê in die boodskap dat die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel by Old Mutual betrokke is en dat hy daaglikse vergaderings met die personeel het.

Die persoon beweer dat daar teen 9 Desember ‘n sogenaamde “complete blackout” gaan wees en dat geen besighede hulle bedrywighede sal kan voortsit nie. Hy waarsku dan verder dat “president Cyril Ramaphosa ‘n nood-toestand gaan afkondig.”

Hy meen geen diesel sal beskikbaar wees nie, persone sal nie geld kan trek by banktellers nie, internet bankdienste sal nie beskikbaar wees nie, en selfoontorings sal binne 3 tot 8 ure nie meer sein kan verskaf nie.

Eskom het verder gevra dat mense nie die boodskap moet aanstuur nie.

https://twitter.com/Eskom_SA/status/1594993924439003136

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Ander Nuus Artikels

cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende