18 Mei 2023
Die voorsitter van Eskom se direksie, Mpho Makwana, sê die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het vertroulike inligting openbaar gemaak in sy boek.
De Ruyter se boek Truth to Power is die afgelope naweek vrygestel. Daarin skryf hy oor sy drie jaar as uitvoerende hoof by Eskom, en brei ook uit oor bewerings van korrupsie en wanadministrasie.
Makwana het De Ruyter se gedrag as afstootlik bestempel en bevestig dat die nutsdiensmaatskappy die boek en die bewerings daarin onafhanklik gaan ondersoek.
LEES OOK: UITGEWERS SAL REGSTAPPE DOEN TEEN VERSPREIDERS VAN DE RUYTER-BOEK
Volgens Makwana wil hy nie die ondersoek vooruitloop nie, maar kan daar strafregtelike stappe kom teen De Ruyter indien daar is bewys is van vertrouensbreuk. Hy meen alle vertroue wat daar in De Ruyter was, is geskend.
De Ruyter het die boek die afgelope tyd in die geheim gekryf, en daar is ook geen bemarking vooraf gedoen nie omdat die uitgewers, Penguin Random House Suid-Afrika gevrees het dat ‘n stokkie daarvoor gesteek sou word.
