Eskom verwelkom tariefverhoging


Luister nou

Volgende

Eskom verwelkom tariefverhoging

13 Januarie 2023

Eskom sê hulle verwelkom die Nasionale Energiereguleerder se besluit om ‘n tariefverhoging van 18,65% toe te staan.

Dié verhoging in die kragtarief sal vanaf 1 April vir alle Eskom-kliënte geld.

LEES OOK: ROLSPELERS REAGEER NA NERSA KRAGTARIEFVERHOGINGS AANKONDIG

Eskom se finansiële hoof, Calib Cassim, sê in ‘n verklaring dat dié verhoging ‘n positiewe bydra vir Eskom se finansiële-volhoubaarheid sal wees. Hy het egter mense se bekommernisse benadruk en meen hy verstaan die finansiële implikasie wat dit inhou.

Volgens Cassim sal die tariefverhogings vir vanjaar en volgende jaar onderskeidelik R319-miljard en R352-miljard vir die kragvoorsiener besorg.

LEES OOK: KRAG BINNEKORT MET BYNA 19% DUURDER, BEVESTIG NERSA

Die kragvoorsiener het ook verder weer om verskoning gevra vir die hoë fase van beurtkrag wat tans geld, en meen hulle verstaan die impak daarvan op individue en besighede. Eskom sê om beurtkrag te verminder is hul eerste prioriteit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

Eskom verwelkom tariefverhoging


Luister nou

Volgende