20 Julie 2021
Eskom het ‘n beroep op kragverbruikers gedoen om krag spaarsaam te gebruik te midde van waarskuwings van nóg ‘n kouefront wat op pad is.
Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha sê die verwagte kouefronte sal druk plaas op die kragnetwerk, wat beteken dat beurtkrag weer op die horison kan wees indien kragverbruik nie afneem nie.
LEES OOK: DAAR’S WEER LIG… (IN SEKERE GEDEELTES VAN PRETORIA-OOS)!
Eskom se versoek kom ná die Suid-Afrikaanse Weerdiens se waarskuwing dat dié kouefronte nog tot die naweek in groot dele van die land verwag word.
Mantshantsha sê op die oomblik vaar die kragnetwerk redelik goed en lyk dit nie asof beurtkrag vandag nodig sal wees nie, maar dit kan egter verander weens die druk op die netwerk.
Beurtkrag is die laaste keer op 13 Junie – 37 dae gelede – ingestel.
Hou Afrikaans op die lug