21 Januarie 2025
Eskom sê hy is verheug daaroor dat hy daarin kon slaag om vir langer as 300 dae nié nodig gehad het om beurtkrag in te stel nie.
Dié “mylpaal” is die laaste keer in Junie 2018 behaal.
Die kragvoorsiener sê die implementering van sy herstelplan sorg vir die lewering van volhoubare strukturele verbetering in die kragopwekkings-kapasiteit sedert 2023.
Eskom sê hy het ook meer as R16-miljard bespaar in diesel-uitgawes en glo hy is op ‘n winsgewende pad vir lang termyn bedryf- en finansiële volhoubaarheid.
Eskom se uitvoerende hoof vir opwekking, Bheki Nxumalo sê die krediet vir die sukses, tot dusver, moet gaan aan die 40 000 werknemers van Eskom. Hy sê die kragvoorsiener het nou sy oog op 26 Maart 2025. wanneer dit ‘n jaar sonder beurtkrag sal wees.