9 Oktober 2023
Die minister van elektrisiteit, dr Kgosientsho Ramokgopa, sê die felheid van beurtkrag het wel die afgelope paar weke afgeneem, maar dat Eskom se finansiële toestand by dag verder agteruit gaan.
Ramokgopa het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie meer inligting verskaf oor die land se energiekrisis.
Volgens die minister kon nie almal voordeel trek uit Eskom se verbeterde kragopwekkingsvermoë nie, weens die skade wat onwettige kragverbindings aan infrastruktuur aanrig.
Hy sê dit het deels daartoe bygedra dat munisipaliteite se agterstallige skuld in die huidige boekjaar – tot op datum – met R4-miljard toegeneem het en dat die totale skuld nou sowat R64-miljard beloop.
Ramokgopa sê die skuld maak dit nog moeiliker om die kragkrisis onder die loep te probeer neem.