Eskom sê WhatsApp-boodskappe oor ineenstorting van kragnetwerk is onwaar


Luister nou

Volgende

Eskom sê WhatsApp-boodskappe oor ineenstorting van kragnetwerk is onwaar

17 Mei 2023

Eskom sê hy neem met kommer kennis van plasings op sosiale media dat die land se kragnetwerk binnekort in duie gaan stort of dat ’n algehele kragonderbreking wink.

‘n Dokument van Eskom oor voorbereiding vir ‘n algehele ineenstorting van die netwerk word saam met die gerugte versprei, glo om die bewerings te staaf. Die boodskap voer aan dat die kragnetwerk sonder enige waarskuwing ineen kan stort.

Eskom sê daar is maatreëls in plek is om ’n ineenstorting te verhoed, soos byvoorbeeld beurtkrag wat toegepas word. Volgens ‘n mediaverklaring deur die kragvoorsiener is ‘n algehele ineenstorting van die kragnetwerk ‘n moontlikheid as groot kragstelsels ter sprake is, máár weens die instelling van beurtkrag is dit onwaarskynlik.

Eskom sal môre ’n mediakonferensie hou om die jongste oor die stand van die kragnetwerk en planne vir die winter met die publiek te deel.

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann het ook gereageer op die boodskap wat op WhatsApp aangestuur word. “Die Eskom-netwerk is onder groot druk en dit word deur beurtkrag bestuur. Daar is egter nie op die stadium sprake van ineenstorting van die netwerk nie.”

Volgens Hermann beteken hoër beurtkragfases nie dat die kragnetwerk nader aan ‘n ineenstorting is nie.

“‘n Ineenstorting gebeur as daar ‘n onverwagtige ingrypende insident is. Dit is al in ander lande byvoorbeeld deur ‘n natuurramp veroorsaak. Dit kan selfs in ‘n stabiele netwerkomgewing gebeur,” sê Hermann.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Eskom sê WhatsApp-boodskappe oor ineenstorting van kragnetwerk is onwaar


Luister nou

Volgende