29 Mei 2024
Eskom het bewerings, dat beurtkrag na die verkiesing sal terugkeer as fopnuus afgemaak.
Die kragvoorsiener sê in ‘n verklaring dat hy die land Vrydag oor die stand van sake sal toespreek.
Eskom se Daphne Mokwena sê beurtkrag is reeds vir meer as 60 dae opgeskort en sal steeds opgeskort bly.
Sy sê die opwekkings-vermoë is steeds goed weens die Opwekkings Herstel Plan wat in Maart verlede jaar begin is, asook weens die intensiewe beplande onderhoudswerk wat gedoen is.
Dit kom nadat die leier van die EFF, Julius Malema Suid-Afrikaners gewaarsku het om voor te berei vir beurtkrag, “aangesien dit na die verkiesing sal hervat.”