Eskom het ‘n veldtog van stapel gestuur om huishoudings met sonkragstelsels te help, om ingevolge die wette van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa), hulle sonkragstelsels te registreer.
Die kragvoorsiener het vanoggend gesê huishoudings kan nog tot einde Maart 2026 hul stelsels gratis registreer.
Die vereiste geld vir eienaars van kleinskaalse opwekkingsstelsels (SSEG), insluitend ‘n sonkragfotovoltaïse opwekkingsaanleg (PV-stelsels.)
Indien jy in ‘n gebied woon wat nie deur Eskom van krag voorsien word nie, moet jy jou sonkragstelsel by die munisipaliteit registreer.
Indien ‘n huishouding teen Maart volgende jaar hulle stelsels registreer, sal hulle ‘n gratis slimmeter ontvang.
Die vergunning van gratis registrasie – insluitend die installering van die slimmeter – geld enige sonkraginstallasie wat minder as 50 kVh kan opwek.
Kyk hier na Eskom se verklaring:
2 Responses
Nog n manier om by die belasting betaler te steel.
Ek sien `n teenkanting met dit net soos wat met ETOL gebeur het. Ons moet netnie ons hieraan steur nie.