1 Oktober 2021
Eskom is besig om raad oor sy posisie in te win nadat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) sy jongste aansoek om hoër kragtariewe van die hand gewys het.
Die kragvoorsiener sê Nersa se besluit om ‘n tussentydse prysvasstelling vir die 2023-boekjaar te gebruik – ingevolge metodologie wat nog nie bepaal is nie – skep onsekerheid en risiko’s.
Die reguleerder het Eskom se vyfde veeljarige prysvasstelling – die sogenaamde MYPD5 – vir die boekjare 2022-’23, 2023-’24 en 2024-’25 verwerp.
Dit is nie bekend vir watter prysverhogings Eskom gevra het nie.
Nersa sê hy het met ‘n konsultasieproses begin om insette van belanghebbende partye te kry om ‘n nuwe formule te ontwikkel wat volhoubare elektrisiteitspryse moet help verseker.
Stem vir die Aitsa’s