13 Desember 2022
Eskom sê hy skenk tans oorweging aan Johannesburg se versoek om vir drie dae kwytgeskeld te word van beurtkrag om sy tegnici kans te gee om die agterstand in tegniese probleme op te los.
Die uitvoerende burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse het ‘n versoek aan die kragverskaffer gerig nadat die aantal kragonderbrekings in dié stad die vier-duisend-merk verby gesteek het.
LEES OOK: JHB-BURGEMEESTER VRA ESKOM VIR BEURTKRAGKWYTSKELDING
Aanhoudende reën en oorstromings in dié metroraad dra ook by tot die ontstaan van tegniese foute terwyl beurtkrag dit moeilik maak vir tegnici om die probleme te identifiseer en tot kabeldiefstal lei.
Buurte wat die ergste geraak word is in die groter Roodepoort-area asook in Hursthill, Northcliff en Lenasia.
Sommige inwoners sit al vir etlike dae sonder elektrisiteit.