26 Februarie 2024
Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê daar is aansienlike vordering gemaak wat die felheid van beurtkrag betref, sedert die regering sy Energie-aksieplan in werking gestel het.
Ramokgopa het die media vandag toegespreek terwyl die land tussen fases 3 en 2 van beurtkrag wissel.
Ramokgopa sê ondanks die terugslag toon die regering vordering.
Ramokgopa sê ‘n vergelyking van beurtkrag tussen Desember 2022 en Februarie verlede jaar het ‘n vermindering van beurtkrag met sowat 600 uur getoon.
Hy het verder gesê dat die privaat sektor beplan om 66 000 Megawatt se kragaanlegte te bou, maar dit kan slegs gedoen word as Eskom sy transmissienetwerk uitbrei.
Volgens Ramokgopa sal Eskom 400-miljard-rand benodig om dit te doen.