30 Mei 2023
Eskom het die afgelope boekjaar ‘n reuseverlies van R21,2 miljard rand gely.
Dit is die kragvoorsiener se grootste verlies nog.
Die nasionale tesourie het vroeër vandag Eskom se ongeouditeerde finansiële uitslae in die parlement bekend gemaak.
Eskom het dié verlies gely ondanks ‘n tariefverhoging van 9,61% en ‘n reddingsboei van die tesourie wat R21,9 miljard beloop het.
Die verlies is intussen toegeskryf aan onder meer die kragvoorsiener se dieselrekening van R21,36-miljard.