31 Oktober 2023
Eskom het vandag sy lang verwagte finansiële uitslae vir die 2022/23-boekjaar uitgereik.
Die kragvoorsiener het glo reeds die verwagting vir sy verlies vir die boekjaar tot einde Maart met R3-miljard oorskry.
Hy het altesaam ‘n verlies van R23,9-miljard gely.
Dit terwyl hy in die boekjaar daarin geslaag het om ‘n gemiddelde verhoging van 9,6% in sy kragtariewe van die Nasionale Energiereguleerder te bekom.
Inkomste het met 5% gestyg, terwyl die koste van primêre kragopwekking met 17% toegeneem het.
Die volume krag wat verkoop is, het glo weens al die beurtkrag tussen September verlede jaar en Maart vanjaar beduidend gedaal – iets wat die state, volgens die waarnemende finansiële hoof, Martin Buys – verder geknou het.
Volgens die waarnemende uitvoerende hoof, Calib Cassim lê ‘n beter toekoms voor, danksy die goeie werk van die nuwe bestuurspan en direksie.
#AnnualResults #YearinReview pic.twitter.com/NTiKrYHhln
— Eskom Hld SOC Ltd (@Eskom_SA) October 31, 2023