11 November 2021
Die Eskom hoof André de Ruyter sal ‘n klag van intimidasie aanhangig maak, na hy dreigemente ontvang het op sosiale media.
Eskom se woordvoerder Sikonathi Mantshantsha wou nie sê teen wie die klag aanhangig gemaak sal word nie.
Die EFF se leier in Kwa Zulu Natal, Vusi Khoza, het op Twitter gesê dat Suid Afrikaners die huisadres van de Ruyter en die minister van openbare ondernemings Pravin Gordhan moet kry, sodat hulle die manne uit hul huise kan trek en hulle kan bydam.
de Ruyter is in die spervuur, en sy kop word geeis, na fase 4 beurtkrag die week ingestel is.
Stem vir die Aitsa’s