Eskom en kie praat met die media na De Ruyter bedank


Luister nou

Volgende

Eskom en kie praat met die media na De Ruyter bedank

15 Desember 2022

Die Eskom hoof Andre de Ruyter het die bewerings van die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe besweer – dat Eskom die staat wil omverwerp deur nie die beurtkrag krisis op te los nie.

“Die verbintenis daartoe om die nutsmaatskappy reg te ruk deur ons werknemers is onteenseglik.” het de Ruyter tydens ‘n perskonferensie gesê.

Hoewel hy nie Mantashe by name genoem het nie, het de Ruyter daarop gesinspeel dat hy nie meer die steun van sy politieke base geniet om voort te gaan in sy pos nie, en dat dit die groot rede vir sy bedanking is.

“Ek is in ’n posisie waar ek afhanklik is van groter politieke werkliheidsbesef en ondersteuning. In die lig van onlangse gebeurtenisse in die openbare forum, het ek agtergekom my posisie geniet nie meer daai ondersteuning en politieke relevansie nie.” het hy gesê.

Die minister van openbare ondernemings Pravin Gordhan het ook sy kollega in die kabinet berispe, en sê de Ruyter het nooit probeer om die staat omver te werp nie.

“Die antwoord is ‘n ondubbelsinnige nee, en ek dink dit is onregverdig en ongevraagd.” het Gordhan gesê.

Die Eskom direksie voorsitter, Mpho Makwana sê de Ruyter het hom al op die eerste dag van sy aanstelling as raadsvoorsitter ingelig dat hy sy toekoms as die Eskom hoof heroorweeg.

De Ruyter het sy bedanking op die 12de Desember ingedien, en hoewel Makwana dit aanvaar het, was dit steeds vir hom ‘n verassing dat hy besluit het om nou al te bedank.

de Ruyter sê dit was ‘n eer en ‘n voorreg om Eskom te lei, maar dat hy ook teleurgesteld is omdat hyt nie al sy doelwitte kon bereik nie.

Makwana sê hulle sal nou die proses van stapel laat loop op de Ruyter se opvolger te soek, voor hy in Maart 2023 die teuels sal neerlê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Eskom en kie praat met die media na De Ruyter bedank


Luister nou

Volgende