9 November 2021
Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter sê totdat die land nie bykomende opwekkingsvermoë van minstens 4000 megawatt by kry nie, sal beurtkrag in die langtermyn steeds voortduur.
Die kragvoorsiener het vanmiddag ‘n mediakonferensie gehou oor die kragsituasie, wat deur kenners as kritiek beskryf word. De Ruyter meen as alles goed gaan beoog die kragvoorsiener om beurtkrag Saterdagoggend (13 November op te skort).
Volgens hom is daar tans ook ‘n verkrygingstekort, omdat die verkrygingsraamwerk waarmee Eskom moet werk, verouderd is. Hy sê wat die situasie ook vermoeilik is die feit dat verskeie munisipaliteite weier om beurtkrag toe te pas wanneer hulle moet en het gedurende verlede week se implementering van fase 2-beurtkrag nie hul besparingsteikens gehaal nie.
Hy sê die Ethekwini-metro in Durban en Buffalo City in Oos-Londen is die enigste twee munisipaliteite wat sy kragbesparingsteikens behaal het. De Ruyter meen die land se ander 255 munisipaliteite het of glad nié beurtkrag toegepas nie of nie hul teikens gehaal nie.
Op ‘n vraag oor of die land se kragnetwerk totaal in duie kan stort, het De Ruyter benadruk dat die land nog nié naby daaraan is nie. “Beurtkrag word juis ingestel om te voorkom dat die netwerk in duie stort.”
— Eskom Hld SOC Ltd (@Eskom_SA) November 9, 2021
Stem vir die Aitsa’s