5 April 2023
Eskom sê hy verwag dat beurtkrag deurlopend ingestel sal moet word hierdie winter.
Volgens die kragvoorsiener se jongste vooruitsigte vir die wintermaande, sal daar heel moontlik fase 7-beurtkrag toegepas moet word.
Eskom beplan ook nie ‘n enkele dag sonder beurtkrag vir die komende maande nie.
Fase 7 gaan moontlik die eerste keer tot dusver in die week van 17 April ingestel word, maar waarskynlik eerder vanaf 3 Julie.
Eskom beplan ook om sy beplande instandhouding in die wintermaande met sowat twee derdes af te skaal.