Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Ererol vir koeksisterbakkers

31 Oktober 2022

Met koeksisters is daar kerke gebou en aan die gang gehou.

Flukse baksters (en dikwels bakkers) het ure aan een koeksisters gebak en die opbrengste uit die verkope daarvan het dit moontlik gemaak om verskeie bakens in die land op te rig. Die bydraes wat deur die verkope van koeksisters opgelewer is het in 2002 vir Lida Strydom van Orania geinspireer om `n vereniging met die naam Kaalvoet op die been te bring.

Die Koeksistermonument op Orania.

`n Verwysing na die bekende woorde wat aan Susanna Smit toegedig word: “Ons stap liewer kaalvoet terug oor die Drakensberge as om onder die Britse vlag te staan.” Die eerste projek wat dié instelling aangepak het was om `n koeksistermonument op Orania in 2003 op te rig. `n Projek wat aanbeveel is deur `n argitek van Orania, Christiaan van Zyl.

Kaalvoet het onlangs besluit om `n ererol saam te stel vir koeksisterbakkers wat `n besondere bydrae in hulle gemeenskappe, of gemeentes, gelewer het met die bak van koeksisters. Die eerste toekennings is die afgelope naweek aan lidmate van die AP Kerk se Pretoria-Oos-gemeente oorhandig. Hulle het elk `n sertifikaat en `n koeksisterlapelwapen ontvang. Hulle name sal ook op die ererol aangebring word.

Agter vlnr: Hester Boshoff, Hester van Zyl, wat die toekennings namens Kaalvoet oorhandig het, Cora de Beer, Lina Dorfling, Theunie Bruwer, Elsabé Louwrens. Voor vlnr: Ansie Zeeman en Marietjie Bester.

As jy reken dat `n koeksisterbakker `n besondere bydrae tot jou gemeenskap gemaak het kan jy hom of haar nomineer deur `n e-pos te stuur na [email protected].  

Hester van Zyl, wat die toekennings namens Kaalvoet oorhandig het, se pa was die predikant ds Adam Boshoff. Hy het in sy broer (later Prof) Carel se voetspore gevolg toe hy in die vroeë sestigerjare as sendeling in Soweto gewerk het. Hulle pastorie was soos prof Carel en sy vrou Anna s’n in Mayfair-Wes in Johannesburg. Ds Adam se vrou, Adelaide, het soos haar skoonsuster by die gemeente se vroue-aksies betrokke geraak. Toe daar koeksisters gebak word gee die tannies vir haar Anna se staatmakerresep. Hierdie einste resep is vir baie jare deur verskillende gemeentes en politieke bewegings gebruik. Later het die skoonsusters op Orania gaan aftree en vir baie jare ten bate van die gemeenskap die resep getrou gevolg. Die resep verskyn ook op die sertifikate wat oorhandig word aan diegene wat by die ererol gevoeg word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende