Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Enyobeni-ouers oorweeg regstappe

2 September 2022

Die ouers van die slagoffers wat in Junie in die Enyobeni taverne in Oos Londen oorlede is, oorweeg dit om regstappe te neem teen die departement van gesondheid in die Oos-Kaap.

Dit volg na hulle gister in kennis gestel is van die oorsaak van hulle kinders se dood, maar toegang geweier is tot die nadoodse verslag.

Die departement het nie redes verskaf waarom die verslag nie openbaar gemaak word nie.

‘n Aanvanklike verslag het aangedui dat al 21 slagoffers vlakke van metanol in hulle liggame gehad het. Die finale verslag dui egter glo aan dat hulle versmoor het, omdat die taverne oorvol was.

Intussen verskyn die taverne se eienaar vandag weer in die hof. Hy is kort na die voorval in hegtenis geneem omdat drank verkoop is aan minderjariges. Die jongste slagoffer was 13 jaar oud.

Die forensiese patoloog, dr. Hestelle van Staden het in ‘n onderhoud met eNCA gesê dat versmoring as doodsoorsaak nie so onwaarskynlik is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende