Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Energiekrisis dreig in Europa soos wat koste van oorlog toeneem

Nuuskommentaar: 4 Mei 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Die Russiese staatsbeheerde gasmaatskappy, Gazprom, se besluit verlede week om die lewering van aardgas aan Pole en Bulgarye te staak, bevestig die hewige stryd wat oor die volgende maande en jare tussen Rusland en die Weste voorlê nadat die meeste EU-lande sedert Rusland se inval in Oekraïne, streng sanksies teen Rusland ingestel het.

Terwyl die verwoestende oorlog in Oekraïne voortwoed, sal die stryd tussen die Weste en Rusland lank na die einde van die oorlog op ekonomiese terrein, en veral op die terrein van energie, voortduur. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het verlede week ‘n omvattende raamwerk aangekondig waarvolgens Europese lande onafhanklik van energie-invoere uit Rusland sal raak. Hierdie plan sal egter ‘n totale herskikking in globale energievoorsiening vereis en kan ‘n verdere styging in energiepryse meebring.

Rusland se oorlog in Oekraïne word grootliks uit gas-, olie- en steenkoolverkope aan ander lande, en in besonder, Europese lande befonds. Sowat 70% van alle Russiese uitvoere van gas, olie en steenkool gaan na Europese lande en uitvoere na Europa het ten spyte van Westerse sanksies selfs die afgelope twee maande toegeneem. ‘n Groot herskikking is dus nodig sou lande in Wes- en Sentraal-Europa met tyd minder olie en gas uit Rusland wil gebruik. Sou Rusland voortgaan om die voorsiening van gas aan meer Europese lande op te skort, sal dit tot ‘n ernstige energiekrisis regoor Europa lei.

Rusland dring nou daarop aan dat kliënte in die Russiese geldeenheid, die roebel, vir gas en olie moet betaal. Dit is ‘n poging om die Russiese geldeenheid te ondersteun. Wat Rusland verlede week gedoen het, is basies om ‘n voorbeeld van Pole en Bulgarye te maak deur hulle gastoevoer af te sny nadat hulle, soos byna alle Europese lande, geweier het om vir gas in roebel te betaal.

Die weermag van Oekraïne is tans byna volledig afhanklik van wapens en ammunisie uit Europa en die VSA om die aanslag deur Rusland af te weer. Die Russiese president Wladimir Poetin het verlede week die Weste gewaarsku dat hulle ‘n prys sal betaal vir hulle indirekte militêre ondersteuning aan Oekraïne. ‘n Tydelike staking of afskaling in die lewering van gas is tans Rusland se beste wapen teen die Weste.

In die meeste Europese lande was daar die afgelope maande ‘n skerp styging in energiepryse. Sommige Europeërs het reeds ‘n verdubbeling in hulle elektrisiteitstariewe ervaar. Dit lei tot ‘n styging in lewenskoste en inflasie wat oor die volgende paar jaar Europese ekonomieë gaan benadeel. Daar is reeds vrese dat ‘n resessie in baie Europese lande dreig en dat dit uiteindelik tot ‘n globale resessie kan lei.

Suid-Afrika sal ongelukkig ook deur stygende globale energiepryse en ‘n globale ekonomiese afswaai geraak word. Terwyl die meeste lande in die wêreld steeds sukkel om van die ekonomiese gevolge van die Covid-19-pandemie te herstel, sal ‘n globale ekonomiese afswaai vir veral armer en ontwikkelende lande katastrofies wees. Dit is daarom in die hele wêreld se belang dat die oorlog in Oekraïne so gou moontlik beëindig moet word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpShrnfWQAA5m9y

ANC en kie sê samesprekings het gelei tot BTW-besluit, nié die hof nie

ENOCH2

Dawie Roodt: Die ANC sit met eier op hulle gesigte ná BTW-verhoging geskrap word

Marianne Pouwels_b

Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop

Thabo-3-800x450

Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus

WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7

E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie

Ander Nuus Artikels

maxresdefault
Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut
cd042b9b447d9a8f
Audi sluit vier van sy handelaars in Suid-Afrika
ENOCH1-large
Die EFF, MK-party eis die minister van finansies se bedanking
GpShrnfWQAA5m9y
ANC en kie sê samesprekings het gelei tot BTW-besluit, nié die hof nie
ENOCH2
Dawie Roodt: Die ANC sit met eier op hulle gesigte ná BTW-verhoging geskrap word

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende