Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Elton John groet loopbaan van 50 jaar

10 Julie 2023

Die geliefde sanger, Elton John (76) se laaste konsert van sy 50 jaar lange loopbaan is die afgelope naweek in Stockholm in Swede gehou.

Elton John in 1975

Hy het in gedurende sy loopbaan meer as 4600 optredes wêreldwyd gehou, en het vyf Grammy-toekennings gewen.

Hy het in sy afskeidstoespraak gesê dat sy aanhangers verewig in sy gedagtes, hart en siel sal wees. Die sanger hou reeds sedert 2018 ‘n afskeidstoer sodat sy aanhangers hom vir een laaste keer op die verhoog kan sien. Gedurende die toer het meer as 6-miljoen mense die konserte bygewoon.

John het gedurende Saterdagaand se optrede van sy grootste treffers gesing soos Yellow Brick Road, Rocket Man, Candle in the Wind en Benny and the Jets.

Voor sy laaste liedjie is ‘n videoboodskap van Chris Martin, die hoofsanger van die musiekgroep, Coldplay gespeel. “Elton John jy het só veel jong kunstenaars ondersteun en geïnspireer. Ons is lief vir jou.”

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende