11 September 2023
Die Suid-Afrikaans-gebore sakeman, Elon Musk, het ‘n elfde kind verwelkom – wat soos sy twee vorige kinders ook ‘n ongewone naam gekry het.
Die baba genaamd – Techno Machanicus – is in die geheim gebore en die geboorte sal amptelik môre (12 September) bekendgemaak word wanneer sy biografie, Elon Musk op die winkelrakke verskyn.
Dit is 52-jarige Musk se derde kind saam met die 35-jarige sangeres, Grimes. Dit is nog nie bekend hoe oud die baba is, en wat sy of haar geslag is nie.
Musk se twee ander kinders saam met Grimes is die driejarige X Æ A-12 [X-Ê-A-12], en die tweejarige Exa Dark Sidereal Musk.
Musk se elf kinders is het drie verskillende ma’s.