1 Augustus 2023
Elon Musk, die eienaar van die sosiale media-platform X het in ‘n plasing op dié platform aan president Cyril Ramaphosa gevra hoekom hy niks doen aan die EFF-leier Julius Malema se aanhitsing tot geweld nie.
Musk het op ‘n plasing op X gereageer, nadat ‘n video gedeel is van Malema wat die lied, Kill the Boer, Kill the Farmer sing tydens die party se verjaardagvieringe die afgelope naweek.
Musk meen Malema en die EFF is besig om openlik te vra vir volksmoord van wit mense in Suid-Afrika. Dié plasing is alreeds meer as 3-miljoen keer besigtig.
Malema het in reaksie hierop in kru Noord Sotho-taal gesê Musk praat nonsens.
Die president het nog nie gereageer nie. Intussen het die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald gistermiddag ‘n klag teen Malema en die EFF by die polisie en die Menseregtekommissie ingedien.
