26 Mei 2022
Elf pasgebore babas is dood nadat ‘n brand uitgebreek het by ‘n hospitaal in die stad, Tivaouane in Senegal.
Die land se president, Macky Sall sê die brand het by die Mame Abdou Aziz Sy Dabakh-hospitaal se kraamafdeling ontstaan. Luidens voorlopige ondersoeke is die brand veroorsaak nadat ‘n kortsluiting ontstaan het.
Reddingswerkers kon daarin slaag om drie babas te red. Volgens die nuusdiens, AFP is die hospitaal onlangs gebou.
Sall het sy medelye betuig met die naasbestaandes van die babas.
Intussen sê die land se gesondheidsminister, Abdoulaye Diouf Sarr dat hy in Geneva was ten tyde van die voorval, maar dat hy onmiddellik sal terugkeer na Senegal. “‘n Ondersoek is geloods om uit te vind wat presies gebeur het.”