Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Ekurhuleni-metro wil speel-speel die kinders leer van 4IR

24 Mei 2023

Die Ekurhuleni metroraad – aan die Oos-Rand – het ‘n tender uitgereik om ses “Xbox Series X”-konsoles vir biblioteke aan te skaf om te voldoen aan die veranderende vereistes van die vierde industriële revolusie.

Volgens die raad sal dit skoliere help aangesien robotika ook as vak by die Suid-Afrikaanse skoolkurrikulum gevoeg word.

Tegnologieë wat gesien word om die vierde industriële revolusie te bevorder, sluit vinnige mobiele breëband soos 4G en 5G, grootskaalse masjien-tot-masjien-netwerke, kripto-geldeenhede, blokketting-tegnologieë en kunsmatige intelligensie in.

Die versoek om te tender sluit 25 Mei en maak voorsiening vir ‘n maksimum transaksiewaarde van R200 000.

Die tender gee voorkeurstatus aan bieërs wat ten minste 50% besit word deur vroue, jeugdiges en mense wat met gestremdhede leef.

Die tender maak ook voorsiening vir sekere speletjies soos FIFA 2023, Call of Duty: Modern Warfare, Forza Horizon 5, Mortal Kombat 11, Minecraft Dungeons en ‘n ongespesifiseerde Lego Star Wars-speletjie.

Kenners sê dit is onduidelik hoe Call of Duty: Modern Warfare en Mortal Kombat 11 Ekurhuleni sal help om die nuwe skoolkurrikulum aan te pak, aangesien die Film- en Publikasieraad aan albei speletjies ‘n 18-ouderdomsbeperking gegee het.

‘n Xbox Series X kos op die winkelrakke R12 000. Die speletjies kos tussen R950 en R295 per eenheid.

Sien die volledige tender-dokument hier: Re-advert-ALQ.SRAC_.05.01

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende