11 April 2024
’n Nuwe burgemeester is in die Ekurhuleni-metro aangewys.
Doctor Xhakaza van die ANC sal voortaan in dié pos dien, nadat Sivuyile Ngodwana van die AIC onlangs uit die kussings gelig is.
Dit het die metro vir byna twee weke sonder ‘n uitvoerende burgemeester gelaat.
Die raadsitting van die metro is vanoggend met byna drie ure vertraag.
Netwerk24 berig dat die ANC en EFF na bewering eers die toekoms moes bespreek.