Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Ekonomiese groei sal eers plaasvind indien munisipaliteite basiese dienste kan verseker

Nuuskommentaar: 14 Maart 2022

Deur: Carina Bester

Terwyl baie dorpe en stede se inwoners steier onder swak munisipale dienslewering het pres. Cyril Ramaphosa verlede week tydens die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings se konferensie gesê indien munisipaliteite betroubare watertoevoer, sanitasie en vullisverwydering verskaf, asook instandhouding aan paaie en infrastruktuur doen, kan die ekonomie groei en werksgeleenthede geskep word.

Dit blyk asof Ramaphosa deeglik bewus is dat wanfunksionele munisipaliteite ’n groot invloed op die land se ekonomie het, maar besef amptenare dat hul leeglêery veroorsaak dat veral kleiner dorpe tot niet gaan? Die verval van dorpe veroorsaak dat sakemanne en gespesialiseerde werkmag nie na hierdie dorpe wil verhuis nie aangesien ekonomiese groei nie kan plaasvind nie en dit ook nie die moeite werd is om na ’n vervalle dorp te verhuis as daar ’n ander plek is waar die omstandighede soveel beter is nie. Talle ondernemings en fabrieke moet hul deure sluit of uit ’n dorp skuif omdat dit weens munisipale agteruitgang nie finansieel moontlik is om te oorleef nie. Dit het derduisende werkverliese tot gevolg wat die ekonomie lamlê. Ramaphosa het tydens die konferensie erken dat sleg presterende munisipaliteite skade aan die ekonomie rig.

Bitter min munisipaliteite is werklik funksioneel en sodra munisipale amptenare besef dat hulle aangestel is om inwoners te dien en nie vir selfverryking nie, kan sake op munisipale vlak verbeter. 

Ons sien gereeld hoe inwoners self moue oprol om op eie onkoste die toestand van dorpe te verbeter omdat munisipaliteite nie die wil of kapasiteit het om dienste te lewer nie of deur korrupsie lamgelê word. In sommige gevalle is daar amptenare wat hul pligte wil uitvoer, maar dié amptenare moet weens swak finansiële bestuur en korrupsie bakhand staan by inwoners en sakeondernemings om dienste te kan lewer.

Organisasies soos AfriForum, sakekamers en inwoners moet die howe gereeld nader om munisipaliteite te dwing om dienste te lewer. In ’n onlangse geval het die Mafube-munisipaliteit geappelleer teen ’n hofbevel wat hulle verplig om dienste te lewer. Dit is tog absurd dat ’n hof ’n munisipaliteit in die eerste plek moet dwing om dienste aan inwoners te lewer en tweedens dat die munisipaliteit teen ’n bevel appelleer wat hulle verplig om hul grondwetlike pligte uit te voer.

Ramaphosa het amptenare ook tydens die konferensie aangemoedig om hul gedrag te verander. Die vraag is egter wanneer gaan daar begin word om munisipale amptenare aanspreeklik te hou vir die verval, swak bestuur en korrupsie? Gaan daar gevolge wees vir amptenare se onvermoë wat tot gevolg het dat ’n dorp of stad tot niet gaan? Ramaphosa se beroep op amptenare om dienste te lewer sodat die ekonomie kan groei, gaan eers vrugte afwerp indien hy self ingryp. Alvorens dit gebeur was Ramaphosa se toespraak slegs lippetaal en sal ekonomiese groei nie plaasvind nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende