Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

“Ek sal nog toernooie misloop as Covid-19-inentings afgedwing word,” sê Djokovic

15 Februarie 2022

Die Serwiese tennisspeler, Novak Djokovic het in ‘n onderhoud met die BBC gesê dat hy nie noodwendig gekant is teen Covid-19-inentings nie, maar glo dat elke persoon die reg het om te kies.

Djokovic kon nie aan vanjaar se Australiese Ope tennistoernooi deelneem omdat hy weens Australië se streng inperkingsmaatreëls nie in die land toegelaat is nie. Hy meen hy sal bereid wees om nog Grand Slam tennistoernooie mis te loop indien hy gedwing word om teen die virus in te ent.

LEES OOK: FRANSE OPE OOK DALK VAN DIE BAAN VIR NOVAK DJOKOVIC

Hy sê hy was nog nooit teen Covid-19-inentings nie en het as kind al sy kinderinentings ontvang. “Ek ondersteun net vryheid van keuse om te doen wat jy wil met jou eie liggaam.”

Djokovic sê hy hoop dat die inentingsmandate vir sommige toernooie sal verander sodat hy nog kan deelneem. Hy sal volgende week vir die eerste keer sedert sy deportasie uit Australië aan ‘n toernooi in Dubai deelneem.

LEES OOK: NOVAK DJOKOVIC KRY GROEN LIG

Spelers hoef nie ingeënt wees om in die Dubai Duty Free-kampioenskap deel te neem nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende